So hier sit ek. Met 'n kop vol snot, 'n rooi gesig en net lekker gatvol vir sinus. Kyk, as dit up to me was om te besluit oor die ontwerp van die vrou het ek vroue ontwerp sonder sinus kanale, sonder mangels en sonder eierstokke. Verseker. Mens sou dink dat die oop vlaktes my sinus kanale sou goed doen. Hmf. Maar nooit het ons in ag geneem dat ek nou lewe in die land van stof en pollen nie. En nou sit ek vanoggend by die huis met 'n massiewe sinus infeksie, groter as die Afrika kontinent, vir die 4de keer al die jaar.
En dan moet ek nog by sê dat my dokter my R600 gecharge het vir 'n ondersoek en 9 pille, nadat ek al klaar bly in Brokesville en raai wat? Daai 9 pille het nie eers 'n dent in dit gesit nie. Tipies. Is dit net my luck of is dit omdat ek op die MAAN bly?
So in my vorige blogs het ek geskryf dat ons in die hel bly en dat dit meer soos lava onder ons voete lyk as sand. Well have you ever seen hell freeze over?
Minus die sneeu en jy woon officially in 'n Tops Koelkamer. Dit is die klein dingetjies wat excluded was in die fine print toe ons getrek het. Ja sure, die maan is woestyn, droog en warm maar die maan kan so koud word??? Jy kannie jou vingers voel nie, jou voete is mors dood en jy raak nie warm nie! Hierdie plek het dit reggekry dat 'n gansdons kombers voel soos 'n koerant papier. Dat warm water sakke al R9 kos en niemand koop dit nie, want oor 5 minute het jy 'n slush puppy. En vergeet van elektriese komberse. Nee wat, jy gaan net jou koopkrag mors. Koue voete maak warm liefde? Nie hier nie!
Maar dis seker nou tyd dat ek minder moan en jou bietjie update oor die plus side. Ons het darem geupgrade na 'n beter krater en nou woon ons op 'n lieflike kleinhoewe BUITE die dorp. Ek sê weer, BUITE die dorp. Dit klink so mooi vir my! Ons het lieflike landlords wat ons open access gee om heeldag die plaas te bewonder en te bewandel en wat ons toelaat om wel, net ons te wees. Heidi geniet haarself natuurlik pootuit want sy kan weer hardloop en 'n hond wees. Sy blaf vir die skape deur die dag en die uile in die nag en jaag die haarskeerders rond. Lol. Mens kannie bang wees vir daai goed nie. Want dit raak nou al so algemeen soos vliee. En weet jy wats die beste van alles??? NIKS MUSKIETE NIE! NIKS! ZERO! NADA! Ek kan amper nie eers meer onthou hoe hulle lyk nie. Ek en Peet kon uiteindelik ons kit bêre in die kas en nou spandeer ons al ons geld op vlieg traps want ongelukkig, saam met skape, kom vlieë... Well you can't have your bread buttered on both sides. Atleast byt hulle jou nie en jy swel op soos die Oros man nie.
Jip, dis waar. Hulle loer mos so vir 'n mens en vryf daai handjies saam. Dan wonder hulle hoe hulle verder die kak uit jou kan irriteer. Maar mense! Ek sê weer, vlieë is beter as muskiete! Ek verseker jou dit. Vlieë is maar net die reincarnation van sekere volksgroepe in ons land. Soos hê bietjie respek vir die dood. Ek gaan niks verder sê nie...
EN SO GEPRAAT VAN DIE DOOD! Ons nuwe huisie het absoluut niks dwalende geeste nie! En wat 'n relief! Kyk ek en Peet het elke moontlike measure probeer vat. Maar laat ek jou eers van die trek vertel! Sjoe! Wat 'n drama en 'n half.
Hierdie is die beste wat ek kon kry om vir jou te verduidelik hoe hard die arme pannetjie gewerk het. En dit was net ek en Peet en die pan. Ek kan met trots sê dat ons die hele huis by onsself in 2.5 dae getrek het! Met twee yskaste, 'n stoof, 'n wasmasjien, 'n kis deepfreaze en baie bokse met baie swaar tools. Jis ons was later so gatvol dat toe ons die klere trek, het ons hulle met hangers en al agter op die pan gebliksem. Ek was bo-op die pan tussen die twee yskaste, terwyl Peet bundu bash op 'n grondpad. Happy times... Maar ons het die Sondag oggend half 4 ons laaste trek gelaai en die huis die once over gegee. Die laaste ding wat ek afgehaal het was die kombuis horlosie. Sal die simpel spook mos toe nie die ding uit my hande klap nie! Fyn en vlenters op die vloer! Jy weet, ons het getrek sonder bokse, ons goed net so gevat en daar was nie eens een chip merkie aan 'n beker of glas nie. Maar nou dit! Toe strip ons ons moere en loop agteruit by die voordeur uit. En by die nuwe huis het ons agteruit ingeloop. Apparently het dit gewerk. Tot nou toe was daar nog nie 'n teken van ons dooie indringer nie.
Nou woon ons te lekker op ons plasie. En die beste van alles is dat ons net eenvoudig terugsit op die stoep en van 'n afstand kan sit en kyk hoe almal in die plek mekaar verwoes. Ek sou nooit dink dat ek, 'n stadskind, lekkerder sou bly op 'n plaas nie. Weg uit die sekte! Weg uit die ouetehuis! As die verlange te veel word, vat jy jou glas, jou boks Namakwa, loop op na die plaasdam en hou jou eie party. En in die tydjie wat ek hier bly het ek al so baie geleer en gesien. Ek het 'n ooi gehelp om haar lammetjie veilig in die lewe te bring, ek het oor my vrees gekom vir haarskeerders (well, not quite). Ek sê maar net vir myself dat hulle nie eintlik spinnekoppie is nie maar eerder 'n afstammeling van 'n mot, of so iets! Ek het geleer dat dit pret is om met 'n stokkie te sit en kriewel by 'n gat in die grond en te wag vir die bobbejaan spinnekop om uit te kom. Dis net 'n jammerte dat ons dit elke keer probeer record en as hy uitkom skrik ek so groot dat ek die donnerse selfoon laat val. Maar die belangrikste ding wat ek geleer het is dat die gejaag na alles in die lewe nie die moeite werd is nie. Ek is groot gemaak dat die wêreld nie worry oor jou en wag vir jou nie. En dit het nog nooit so sin gemaak soos nou nie.
Tot volgende keer, uit die stadskind se pen. Dan vertel ek jou van my stalker...