-Vir Anna, wat die humor in alles raak gesien het-
Jong ja, so baie tyd het al verloop sedert my laaste blog dat ek amper nie eers meer weet hoe om te blog nie!!!
Sonnige Vanrhynsdorp is nog aan die gang. Sad but true. Ons het mos net een maand winter jy sien... Nes jy dink jy kry koud besef jy jy moet 'n slag jou kop uit die yskas uithaal. Ons kook alweer. En saam met dit waai die donnerse wind jou weg. Hiers 'n foto van die wind van gister...
Jissie. Sommer uit my sitkamer venster uit gesien en afgeneem vir julle. Sit so 45 grade by en ons het 'n absolute stunning braai dag gehad. Maar nie te min... Dit was lekker want my pa het 'n slag vir ons kom kuier. My ma is besig om ander mense 'n slag grys hare te gee. Sy is so 200km verder van my af. Lol.
Ek sal jok as ek sê dat dinge nie effe meer manageable is nie. Sedert ons op die plaas bly sit ek net op my stoep en lig my glasie op die dorp. Met 'n grin so groot soos die ewenaar op my gesig.
Maar nie alles is maanskyn en rose nie. Ek werk my in my moer in. Arme Peet hardloop sy moer af by die werk. En toe pass ek mos amper in die hof uit met hoë bloeddruk. So uit die bloute! Ek is oortuig daarvan dat dit die plek is. Daar is geen ander logiese verduideliking nie man! Met so baie agies om jou, almal wat wil weet wat presies in jou lewe aangaan... Ek meen regtig, is hier nog geen ander nuwe intrekkers om te pla nie?
Maar in die begin het ons 'n stelletjie afgetrap... En 'n akward les geleer.
Dit het begin toe ek nog 'n rep was. So ek het mos oral rondgery en soos 'n bloedhond kliente probeer uitsnuffel. En met die werk het jy baie mense ontmoet. Sommige nice, sommige wat kon gebly het... En dis toe hoe ek aan Piet Piesang kom...
Een Sondag middag het ek en Peet kar gewas. Wel, probeer kar was. Want jy sien, as jy hier was het jy een groot vyand... STOF. Hoe meer jy was, hoe meer kom sit die goed vas. Jou water emmer is later 'n emmer modder. "Piep piep" maak Piet Piesang se trokkie. "Was julle lekker???". NO SHIT. Kar was teen die modder en wind is my gunsteling stokperdjie. "Kom maak 'n draaitjie man, kom drink bietjie koffie". Ons wou mos nou nie lelik wees nie en het toe soontoe gery. Na die outskirts van die geliefde dorpie... Plaas van ek het liewers op my bed gaan lê met die People!!!
Dis soos die Katy Perry song... once your mine.. there's no going back...
Die kuiertjies het so elke Sondag plaasgevind daar by die outskirts van die dorp. Maar na 'n ruk het dinge akward begin raak. Jy sien. Ek is 'n groot girl. Ek kan 'n poep vat soos 'n man. Hel, in die huis wat ek grootgeraak het het ons mekaar gerate. 9! 7! 20! Maar party poepe gaan net heeltemal te ver. Ons sal by die tafel sit en stoei met 'n chop en dan let rip hy. Dan sy kinders. Dan sy vrou. En as jy die fumes uit jou neusgate uitvee is die 'n hele fart fest! Nee fokket man...
En toe begin die spunging... "Ek hoor jy ry vandag in dorp toe... bring dit en dat saam". En dan, simpel nice ek, doen dit maar jy kry darem ook nie jou fokken geld terug nie. Komaan man. Dis mos nou nie nice nie. En die braais was altyd die kortse braai wat jy al ooit bygewoon het. Actually, nou dat ek dink daaraan, was dit seker nie 'n slegte ding nie...
Maar toe draai dinge nog meer akward. Wanneer iemand so elke 70 jaar besluit om verder as die Caltex Garage in die dorp in te ry en vir ons te kom kuier, kon ons 10 minute time en dan is hulle hele kroos ook daar... Hulle ry letterlik en omsirkel ons huis om te kyk wie kom kuier. En dan elke keer draf hulle in, ongenooid natuurlik, met die verskoning dat hulle in die straat was en net wou kom inloer. Dan word die hele gesprek oorgevat en jy sit daar met 'n bek vol tande, embarressed.
Natuurlik kon die bitch net soveel vat. Wanneer jy elke Sondag aand 10 uur wakker getoet word dan begin mens so bietjie moeilik word. En toe begin die waarskuwings instroom van alle kante oor die maplotters. (Dis toe eventually wat ons hulle begin noem het). Ek gryp toe my whatsapp en stuur die reguitste boodskap wat ek kon. Bly weg. Hou op 'n oorlas maak van julle self. Los ons uit. Fok net weg!!! But needless to say... It did'nt hit home!!!
Steeds was ons ge-agtervolg. Dit was later so erg dat ons heeltemal ander paaie moes huistoe ry. Liewe donner. Jy park jou kar onder in die pad agter die grootste boom wat jy kan kry, sluit jou deure en vensters en bind die hond se snoet toe met 'n sokkie. Saans word ligte afgehou en jy loop gebukkend deur jou huis. Nee man!!
Dit was later 'n geval van "hallo" en ek sê "fokkof". Little harsh but I was a desperate woman.
Op die einde van die dag moes ek 'n vredesbrief laat aflewer deur my vriende by Vanrhynsdorp Saps, sulke oulike mense, en dis toe waar dit einde kry.
Ons is nogsteeds half getraumatiseer. Soms ry jy nog gebukkend rond en almal dink dis alweer die groen spook kar wat homself ry. En jy kyk nogsteeds in die ander rigting wanneer jy daai ekstra special chop poep wiff kry...
Tot later, uit die vingers van die Stadskind....