Friday, 25 September 2015

Piet Piesang se poepe...

-Vir Anna, wat die humor in alles raak gesien het-

Jong ja, so baie tyd het al verloop sedert my laaste blog dat ek amper nie eers meer weet hoe om te blog nie!!!

Sonnige Vanrhynsdorp is nog aan die gang. Sad but true. Ons het mos net een maand winter jy sien... Nes jy dink jy kry koud besef jy jy moet 'n slag jou kop uit die yskas uithaal. Ons kook alweer. En saam met dit waai die donnerse wind jou weg. Hiers 'n foto van die wind van gister... 

 

Jissie. Sommer uit my sitkamer venster uit gesien en afgeneem vir julle. Sit so 45 grade by en ons het 'n absolute stunning braai dag gehad. Maar nie te min... Dit was lekker want my pa het 'n slag vir ons kom kuier. My ma is besig om ander mense 'n slag grys hare te gee. Sy is so 200km verder van my af. Lol.

Ek sal jok as ek sê dat dinge nie effe meer manageable is nie.  Sedert ons op die plaas bly sit ek net op my stoep en lig my glasie op die dorp. Met 'n grin so groot soos die ewenaar op my gesig.


Maar nie alles is maanskyn en rose nie. Ek werk my in my moer in. Arme Peet hardloop sy moer af by die werk. En toe pass ek mos amper in die hof uit met hoë bloeddruk. So uit die bloute! Ek is oortuig daarvan dat dit die plek is. Daar is geen ander logiese verduideliking nie man! Met so baie agies om jou, almal wat wil weet wat presies in jou lewe aangaan... Ek meen regtig, is hier nog geen ander nuwe intrekkers om te pla nie? 

Maar in die begin het ons 'n stelletjie afgetrap... En 'n akward les geleer.

Dit het begin toe ek nog 'n rep was. So ek het mos oral rondgery en soos 'n bloedhond kliente probeer uitsnuffel. En met die werk het jy baie mense ontmoet. Sommige nice, sommige wat kon gebly het... En dis toe hoe ek aan Piet Piesang kom... 

Een Sondag middag het ek en Peet kar gewas. Wel, probeer kar was. Want jy sien, as jy hier was het jy een groot vyand... STOF. Hoe meer jy was, hoe meer kom sit die goed vas. Jou water emmer is later 'n emmer modder. "Piep piep" maak Piet Piesang se trokkie. "Was julle lekker???". NO SHIT. Kar was teen die modder en wind is my gunsteling stokperdjie. "Kom maak 'n draaitjie man, kom drink bietjie koffie". Ons wou mos nou nie lelik wees nie en het toe soontoe gery. Na die outskirts van die geliefde dorpie... Plaas van ek het liewers op my bed gaan lê met die People!!!


Dis soos die Katy Perry song... once your mine.. there's no going back...

Die kuiertjies het so elke Sondag plaasgevind daar by die outskirts van die dorp. Maar na 'n ruk het dinge akward begin raak. Jy sien. Ek is 'n groot girl. Ek kan 'n poep vat soos 'n man. Hel, in die huis wat ek grootgeraak het het ons mekaar gerate. 9! 7! 20! Maar party poepe gaan net heeltemal te ver. Ons sal by die tafel sit en stoei met 'n chop en dan let rip hy. Dan sy kinders. Dan sy vrou. En as jy die fumes uit jou neusgate uitvee is die 'n hele fart fest! Nee fokket man...

En toe begin die spunging... "Ek hoor jy ry vandag in dorp toe... bring dit en dat saam". En dan, simpel nice ek, doen dit maar jy kry darem ook nie jou fokken geld terug nie. Komaan man. Dis mos nou nie nice nie. En die braais was altyd die kortse braai wat jy al ooit bygewoon het. Actually, nou dat ek dink daaraan, was dit seker nie 'n slegte ding nie... 

Maar toe draai dinge nog meer akward. Wanneer iemand so elke 70 jaar besluit om verder as die Caltex Garage in die dorp in te ry en vir ons te kom kuier, kon ons 10 minute time en dan is hulle hele kroos ook daar... Hulle ry letterlik en omsirkel ons huis om te kyk wie kom kuier. En dan elke keer draf hulle in, ongenooid natuurlik, met die verskoning dat hulle in die straat was en net wou kom inloer. Dan word die hele gesprek oorgevat en jy sit daar met 'n bek vol tande, embarressed. 

Natuurlik kon die bitch net soveel vat. Wanneer jy elke Sondag aand 10 uur wakker getoet word dan begin mens so bietjie moeilik word. En toe begin die waarskuwings instroom van alle kante oor die maplotters. (Dis toe eventually wat ons hulle begin noem het). Ek gryp toe my whatsapp en stuur die reguitste boodskap wat ek kon. Bly weg. Hou op 'n oorlas maak van julle self. Los ons uit. Fok net weg!!! But needless to say... It did'nt hit home!!!

Steeds was ons ge-agtervolg. Dit was later so erg dat ons heeltemal ander paaie moes huistoe ry. Liewe donner. Jy park jou kar onder in die pad agter die grootste boom wat jy kan kry, sluit jou deure en vensters en bind die hond se snoet toe met 'n sokkie. Saans word ligte afgehou en jy loop gebukkend deur jou huis. Nee man!!

Dit was later 'n geval van "hallo" en ek sê "fokkof". Little harsh but I was a desperate woman.

Op die einde van die dag moes ek 'n vredesbrief laat aflewer deur my vriende by Vanrhynsdorp Saps, sulke oulike mense, en dis toe waar dit einde kry.

Ons is nogsteeds half getraumatiseer. Soms ry jy nog gebukkend rond en almal dink dis alweer die groen spook kar wat homself ry. En jy kyk nogsteeds in die ander rigting wanneer jy daai ekstra special chop poep wiff kry...

Tot later, uit die vingers van die Stadskind....


 

Friday, 5 June 2015

And the saga continues...

So hier sit ek. Met 'n kop vol snot, 'n rooi gesig en net lekker gatvol vir sinus. Kyk, as dit up to me was om te besluit oor die ontwerp van die vrou het ek vroue ontwerp sonder sinus kanale, sonder mangels en sonder eierstokke. Verseker. Mens sou dink dat die oop vlaktes my sinus kanale sou goed doen. Hmf. Maar nooit het ons in ag geneem dat ek nou lewe in die land van stof en pollen nie. En nou sit ek vanoggend by die huis met 'n massiewe sinus infeksie, groter as die Afrika kontinent, vir die 4de keer al die jaar. 


En dan moet ek nog by sê dat my dokter my R600 gecharge het vir 'n ondersoek en 9 pille, nadat ek al klaar bly in Brokesville en raai wat? Daai 9 pille het nie eers 'n dent in dit gesit nie. Tipies. Is dit net my luck of is dit omdat ek op die MAAN bly?

So in my vorige blogs het ek geskryf dat ons in die hel bly en dat dit meer soos lava onder ons voete lyk as sand. Well have you ever seen hell freeze over?


Minus die sneeu en jy woon officially in 'n Tops Koelkamer. Dit is die klein dingetjies wat excluded was in die fine print toe ons getrek het. Ja sure, die maan is woestyn, droog en warm maar die maan kan so koud word??? Jy kannie jou vingers voel nie, jou voete is mors dood en jy raak nie warm nie! Hierdie plek het dit reggekry dat 'n gansdons kombers voel soos 'n koerant papier. Dat warm water sakke al R9 kos en niemand koop dit nie, want oor 5 minute het jy 'n slush puppy. En vergeet van elektriese komberse. Nee wat, jy gaan net jou koopkrag mors. Koue voete maak warm liefde? Nie hier nie!

Maar dis seker nou tyd dat ek minder moan en jou bietjie update oor die plus side. Ons het darem geupgrade na 'n beter krater en nou woon ons op 'n lieflike kleinhoewe BUITE die dorp. Ek sê weer, BUITE die dorp. Dit klink so mooi vir my! Ons het lieflike landlords wat ons open access gee om heeldag die plaas te bewonder en te bewandel en wat ons toelaat om wel, net ons te wees. Heidi geniet haarself natuurlik pootuit want sy kan weer hardloop en 'n hond wees. Sy blaf vir die skape deur die dag en die uile in die nag en jaag die haarskeerders rond. Lol. Mens kannie bang wees vir daai goed nie. Want dit raak nou al so algemeen soos vliee. En weet jy wats die beste van alles??? NIKS MUSKIETE NIE! NIKS! ZERO! NADA! Ek kan amper nie eers meer onthou hoe hulle lyk nie. Ek en Peet kon uiteindelik ons kit bêre in die kas en nou spandeer ons al ons geld op vlieg traps want ongelukkig, saam met skape, kom vlieë... Well you can't have your bread buttered on both sides. Atleast byt hulle jou nie en jy swel op soos die Oros man nie. 





Jip, dis waar. Hulle loer mos so vir 'n mens en vryf daai handjies saam. Dan wonder hulle hoe hulle verder die kak uit jou kan irriteer. Maar mense! Ek sê weer, vlieë is beter as muskiete! Ek verseker jou dit. Vlieë is maar net die reincarnation van sekere volksgroepe in ons land. Soos hê bietjie respek vir die dood. Ek gaan niks verder sê nie...

EN SO GEPRAAT VAN DIE DOOD! Ons nuwe huisie het absoluut niks dwalende geeste nie! En wat 'n relief! Kyk ek en Peet het elke moontlike measure probeer vat. Maar laat ek jou eers van die trek vertel! Sjoe! Wat 'n drama en 'n half. 



Hierdie is die beste wat ek kon kry om vir jou te verduidelik hoe hard die arme pannetjie gewerk het. En dit was net ek en Peet en die pan. Ek kan met trots sê dat ons die hele huis by onsself in 2.5 dae getrek het! Met twee yskaste, 'n stoof, 'n wasmasjien, 'n kis deepfreaze en baie bokse met baie swaar tools. Jis ons was later so gatvol dat toe ons die klere trek, het ons hulle met hangers en al agter op die pan gebliksem. Ek was bo-op die pan tussen die twee yskaste, terwyl Peet bundu bash op 'n grondpad. Happy times... Maar ons het die Sondag oggend half 4 ons laaste trek gelaai en die huis die once over gegee. Die laaste ding wat ek afgehaal het was die kombuis horlosie. Sal die simpel spook mos toe nie die ding uit my hande klap nie! Fyn en vlenters op die vloer! Jy weet, ons het getrek sonder bokse, ons goed net so gevat en daar was nie eens een chip merkie aan 'n beker of glas nie. Maar nou dit! Toe strip ons ons moere en loop agteruit by die voordeur uit. En by die nuwe huis het ons agteruit ingeloop. Apparently het dit gewerk. Tot nou toe was daar nog nie 'n teken van ons dooie indringer nie. 





Nou woon ons te lekker op ons plasie. En die beste van alles is dat ons net eenvoudig terugsit op die stoep en van 'n afstand kan sit en kyk hoe almal in die plek mekaar verwoes. Ek sou nooit dink dat ek, 'n stadskind, lekkerder sou bly op 'n plaas nie. Weg uit die sekte! Weg uit die ouetehuis! As die verlange te veel word, vat jy jou glas, jou boks Namakwa, loop op na die plaasdam en hou jou eie party. En in die tydjie wat ek hier bly het ek al so baie geleer en gesien. Ek het 'n ooi gehelp om haar lammetjie veilig in die lewe te bring, ek het oor my vrees gekom vir haarskeerders (well, not quite). Ek sê maar net vir myself dat hulle nie eintlik spinnekoppie is nie maar eerder 'n afstammeling van 'n mot, of so iets! Ek het geleer dat dit pret is om met 'n stokkie te sit en kriewel by 'n gat in die grond en te wag vir die bobbejaan spinnekop om uit te kom. Dis net 'n jammerte dat ons dit elke keer probeer record en as hy uitkom skrik ek so groot dat ek die donnerse selfoon laat val. Maar die belangrikste ding wat ek geleer het is dat die gejaag na alles in die lewe nie die moeite werd is nie. Ek is groot gemaak dat die wêreld nie worry oor jou en wag vir jou nie. En dit het nog nooit so sin gemaak soos nou nie.




Tot volgende keer, uit die stadskind se pen. Dan vertel ek jou van my stalker...

Tuesday, 14 April 2015

Secrets from the Crypt... O donner.

So... Ek vra nederig verskoning omdat ek deesdae so lank vat om te blog. Tussen konsultasies en hofsake weet ek nie aldag of ek 'n panty dra nie... Nee rerig, dis bitter erg om alles te juggle. 



Ek het gedink omdat ek 'n moderne vrou is kan ek my career en liefdevolle huisvrou rol vervul. Ha! Groot is die skok dat dit fisies (en baie mentally) onmoontlik is. Kosmaak, sake opsom, stryk (nee ek joke net, ek koop klere wat nie stryk nodig het nie), huis uitvee, sake opsom, skottelgoed, sake opsom... Dis die verloop van my lewe nou. Maar ek kannie kla nie, want dit hou my gedagtes effens van die plek af. Die sekte...

Toe ontmoet ek iemand baie interessant wat vir my meer inligting oor hierdie lieflike "onskuldige" dorpie gee. Sy werk saam met my. Maar kom ons noem haar Debbie. Nou volgens Debbie is daar baie meer aan hierdie huisie as wat ons gedink het... Ok. Ek weet dat hierdie huis blykbaar jare terug aan my Oupa se suster behoort het. Maar die huis is so massive, dat dit verdeel is in twee familie huise en 'n enkel woonstel wat die twee familie huise skei. Nou Tannie het gebly in die ander familie huis en ons deel verhuur. Die probleem is egter dat daar soveel huurders al hier was (ek wonder hoekom - nie seker of dit die spoke of die ouderling se skuld is nie). Debbie staan toe by my toe ek my tien uur smoke break vat en vra toe casual wat ons adres is. Toe ek dit noem, toe raak haar ogies so groot soos trekker tyres.

Debbie deel toe mee dat hier jare gelede 'n man en vrou met 'n baba gebly het. Die baba kamer was in daai freaky kamer langs die kombuis. Kom ek verfris jou geheue...

Daai kamer wat ek by skryf "erg creepy"? Jip, daai een. Blykbaar was die baba daar op 'n onverklaarbare manier verwurg!!! Kyk, ek raak nie gou bang nie (NOT!!!) maar ek slaan toe daar vir jou hoendervleis uit en my haartjies agterop my nek staan soos soldate op aandag. I kid you not!!! So dit verklaar hoekom Heidi nie daar wil ingaan nie en verkies om liewers te staan en blaf in die niet in. Gelukkig is die baba nie dood nie maar die huurders het bitter vinnig ander huurplek gaan soek. En ons het maar ook besluit om daardie roete te stap... Nie so seer oor die spook nie. Meer oor die spook hier agter ons. Dennis. Hehehe. 

Eergister aand was Sersant Muskiet Peet weer besig in juis daai kamer om, wel, oorlog te voer met ons aartsvyande. Toe hy my skielik roep in 'n vreesbevange stemmietjie. CIELIE!!! KOM KYK!!! Soos flash skiet ek van die bank af tot daar. In die venster staan geskryf, in die stof met 'n vinger, die naam RIANA. "Dis seker al lank daar man" sê ek braaf en bewerig. "Nee dit is nie, eks elke fokken aand in die kamer en het die nog nie gesien nie". FREAKY AS SHIT!!! 

So nou soek ons DRINGEND ander blyplek. Behalwe vir dit slaap ek die afgelope aande nie lekker nie. Nee, dis nie kak maag of stres wat my wakker hou nie. Vir een of ander onverklaarbare rede skrik ek nou elke nag wakker soos in 'n movie. En dis weird vir my want ek drink slaappille wat my elke oggend laat verslaap. Kyk, 'n fokken atoom bom kan langs my afgaan en ek sal net omdraai en verder slaap. Maar nou word ek elke nag, dieselfde tyd, tussen 2 en 3 wakker. The witching hour...

Dis dalk hoekom dominis en die ouderling se eerste huisbesoek so brief was... Almal weet iets wat ons nie weet nie! Geen wonder die AGS het so gretig aangebied om ons huis te kom "cleanse" nie. En ons kon nie verstaan hoekom almal ons wil skoonmaak as ons elke oggend en aand shower nie!!! Maar nou weet ek hoekom almal draaie loop om die huis. GOED SO!!! Muwahahahaha!!!

So rukkie terug was daar 'n post op Facebook waar hulle genoem het dat 'n mens 'n home-made fly repellant kan maak. Jy vat 'n deurskynende sakkie en maak hom half vol water. Dan gooi jy 3 of 4 tien sent stukke in, knoop hom, en hang hom voor jou deure. Vir een of ander rede hou dit die vlieë uit jou huis uit (fok, wens dit het gewerk vir muskiete) en ek belowe jou, true as Bob, dit werk. Maar die locals het dit blykbaar nie verstaan nie want ek is nou officially gelabel as 'n sangoma. En niemand wil jou rede aanhoor nie. Maar weereens. Ons kan seker nie kla nie want vir so lank as wat daai sakkies hang is ons huis onwelkome gaste vry. Net 'n jammer dit het nie Sondag die donnerse skerpioen gekeer nie!!!




So ja mensies. Ons is effens screwed en lyk my opgeskeep met hierdie fokken spook. Ons moet dit seker maar aanvaar. Maar dis baie moeilik om DVD's te kyk met een oog op die TV en die ander op die portaal! En dit het ook nie veel gehelp toe Peet elke aand die naweek op standby uitgeroep was nie. Eish. Ek voel skoon skeel na die naweek! Maar Diana, die clairvoyant, kom kuier die naweek vir my verjaarsdag, sodat sy haar vinger na my kan uitsteek en lag omdat ek net ouer en ouer word. Ek sal maar na die naweek hoor wat haar professionele opinie is oor hierdie besigheid. Maar ek dink ons moet lyding vat van Bok van Blerk en besef: DIT IS TYD OM TE TREK!!!

Tot later, uit die stadskind se vingers...

Wednesday, 8 April 2015

Die Evil Mango Pit

En so, na 'n lang verdiende breuk keer ek terug na my ou vriend, die blog. Ek hoop jy het, soos ek, soveel paaseiers geëet dat jou broeke nie meer wil vasmaak nie en dat die gedagte aan net nog 'n eier jou sommer naar maak op die krop. Ek het mos nou genoeg tyd gehad om te dink aan hoe ek al die wonderlike dinge wat ons ervaar vir julle kan vertel. Maar een ding bly vas steek in my kop. 'n Storie wat so ASTRONOMIES was vir ons dat ons nou nog herstel van die skok en dat ons soms nagmerries ervaar.

So baie van ons maaitjies weet is ons geseën met die pragtigste en stoutste klein dogtertjie. Wel, OK, sy is nie meer fisies klein nie (alles behalwe) maar in haar liefste ou brein is sy maar nog net 'n puppy.


Die beste ding van ons huis is (behalwe vir die feit dat ons nimmer einde aksie het met muskiete) is seker maar die feit dat ons lieflike vye, lemoene en papaja bome het. En Heidi het ook die wonder van vrugte ontdek. Hierdie hond VREK oor vrugte. Sy kwyl haar dood as jy dalk sonder haar 'n appel of 'n piesang nuttig. Sy het haarself ook begin help aan die vye wat van die boom afgeval het. Tot sy besef het dat vye jou laat jeuk. Ek belowe jou. Jy het nog nooit so fokken iets in jou lewe gesien nie. Haar geliefkoosde sluit in druiwe (sonder die pitte natuurlik - safety first!), appels en dan natuurlik, die uwe sluwe...

Hierdie hond kan absoluut nie 'n mango weerstaan nie. En nog minder kan haar ma. 


Nog 'n awesome eienskap (ma) is die feit dat die boere in die omgewing so vrygewig is. Ons word letterlik toegegooi met bokse en bokse vrugte, en dit kos ons nie 'n sent nie. En natuurlik was die geliefde mango's ook een van daardie bokse. Die boere hier is kosbaar. My donner, die eerste werksafspraak wat ek met 'n boer gehad het was interessant. Ek was tee bedien in 'n pragtige roos koppietjie en boer het sy trusty ou sink beker gekies. Terwyl ons nog so sit, uiter hy: Weet jy, dit maak mos vir my so spuls... Bliksem! Ek wou opspring en my goed gryp en hardloop want hier kom 'n rape saak! Maar toe volg hy... "as die donnerse werkers nie hulle werk regdoen nie. Hoekom maak hulle mens so kwaad".

Ai, dwaal ek alweer af. Eendag het ek besluit dat dit tyd is om weg te lê aan 'n paar mango's. Soos gewoonlik as ek eet, sit Heidi styf teen jou been en loer na jou en kwyl. "Ek wonder of hierdie hond ook sal hou van Mango's" het ek myself gevra. Wel as dit so donners lekker vir my is, hoekom sal sy nie? Ek hou toe die harige mango pit na haar uit sodat sy ook kan lek en proe aan hierdie snaaksie harige ding. SKIELIK gryp sy die mango uit my hand, gulp gulp gulp en sluk die mango pit in. SY SLUK DIE HELE MANGO PIT IN MET EEN SLUK. GGGGULLLLLPPPPP. Weg is die mango pit. Peet! Hier is groot kak! Peet kom van buite af ingehol, reg vir aksie. Sy het die hele pit ingesluk! Wat de moer doen ons nou??? Dis Saterdag na-middag. As jy 'n oop winkel of iets hier kry daai tyd dan wen jy 'n kar, wat nog te praat van 'n veearts! 

Kyk, die pit was huge. 

Jip, om en by daai grote. Nee ek joke net. Maar dit was huge. Frantic gryp ek die telefoon boek en soek tot ek die eerste nommer van 'n veearts kry. Gelukkig kry ek 'n noodnommer op die antwoord masjien en kom toe by 'n baie interessante mens uit. "Middag, ja, wat wil jy hê"? Umm. Middag. Ons sit met 'n effense probleem. Ons boerboel het 'n mango pit ingesluk. "Effense probleem? Dis 'n moerse probleem". Ek voel al hoe 'n traan afrol van my wang. "Meisiekent, jy sit met 'n kak situasie. Daai hond sal mos nou nie 'n fok daai pit kan uitkak nie. En sou daai hond besluit om te kots, draai daai dêm pit mos skuins". Fok Oom, hoe maak ek nou? Nou slaan ek al in 'n koue sweet uit. "Jong, ja. Of hy moet kak, of hy moet kots. En as dit nie werk, sal ons moet sny en daai ding uithaal. Nou dis 'n kak situasie". Fok jy reken??? Hy adviseur ons om Heidi dop te hou vir 48 uur, sonder om haar sy te verlaat sodat ons kan sien of sy verstik en of haar hol skeur. Nice. Die arme hond het gedink ek en Peet is lekker befok. Oral waar sy loop, is ons. Oral waar sy wil crap, is ons wat duime vashou. Shame. Nou dat ek dink daaraan. Ek kannie eers toilet toe gaan waar 'n Huisgenoot man of vrou vir my lag nie. Daai oë volg jou oral!

Die volgende middag sit ons by die tafel, uitgeput van hierdie kak storie. Heidi lê langs ons op die vloer. Eintlik al gatvol vir ons want sy wil ons nie eers kyk nie. En toe gebeur die wonderwerk...

Heidi het begin ruk en ruk, oë raak so vaag vir 'n oomblik, en toe skiet hy uit soos 'n rocket! Daar kots sy die mango pit uit!!! Kyk, ek was in my lewe nog nooit so bly om kots op my kombuis vloer te sien nie. Die hond kry toe sommer 'n moerse been, 'n moerse applous en Peet loop haal solank die mop en emmer. Shame, al die haartjies was verteer van die pit af. Toe kry ons 'n spierwit pit terug. Maar sy het toe ook sommer verlig gelyk dat hierdie plat rugby bal uit haar maag is. En baie verlig dat haar stalkers haar nou kan uitlos...

So ek kan 100% sê that it was good while it lasted, maar hierdie hond sal nooit weer haar tong, tande of maag sit op 'n mango nie. As ek geweet het dit gaan soveel drama afgee, het ek liewers die wrede ding gedoen en dit weg gegooi sonder om vir haar 'n stukkie te gee. Soos ek met my chocolates doen... Hehe...

Nou ja, tyd om te besin oor my dade vir die dag. Tot later uit die stadskind se vingers.

 


 

Tuesday, 31 March 2015

Hot Selfie

Vandag is weer een van daai scorcher dae hier in liewe ou Vanrhynsdorp. Gister was dit omtrent so 72 grade maar vandag beloof om spectacular hitte te hê. En die ergste van alles is wanneer jy moet huis skoonmaak in die hitte. Wena, dis baie baie bad. Jy is nie seker of jy verkeerd gemop het en of dit sweet plasse is wat orals lê nie. 

Kyk, hierdie kan jy maar hier vir eens en veraltyd uit jou kop uit kry:

 Dis meer so iets:

 Ons het die foto gister in ons agteryard geneem... Hehe

Maar seriously. Dis regtig regtig bad hoor. Ek wens ek het die woorde gehad om dit te beskryf maar daar is nie. Dit het opgedroog. Soos die res van die plek om my. Peet was destyds opgewonde om te hoor dat hier darem 'n rivier is. In fact, so opgewonde dat hy in die foktrokkie (dis nou ons Nissan pannetjie) geklim het en gejaag het tot by die brug, net om ontmoet te word deur 'n dor sand paadjie. Dames en Here, die Troe Troe rivier!

Awesome nê! Imagine the possibilities...

So paar weke terug was ons officially die warmste plek in die land. Toe word ons geseën met 'n lieflike 52 grade. En sad but true, dis die norm hier. Anders as die klam, tropiese hitte van die Kaap, het ons 'n droë hitte, en hy is stowwerig en vaal. Jou vel droog uit en jou hakskene lyk soos die Troe Troe rivier hier bo. Dis terrible. Die water maak dit nie veel beter nie. Jy sal dink na 'n lekker lang shower met Dove gaan jy heerlik en verfris voel. Haha. The joke's on you. Dis nou natuurlik as ons water het. Want ons vriende by die munisipaliteit (sjoe, dankie spell checker) is ook nie juis vrygewig met water nie. Hulle dink niks daarvan om die water af te sny vir so 2 tot 3 dae nie. Alewig pype wat bars van erosie. Dan ry hulle soos cowboys na die naaste kaffee en kry 'n rolletjie cellutape - done! Probleem opgelos tot netnou. Verder lê hulle op die enigste grasperk op die dorp - die konsistorie - (love daai woord want ek sê hom anders) onder die bome en eet marmite broodjies en drink Sparletta Cocopine. So ja, is hier diens om oor te kla? Nee wat, so niemand kla nie!!!

Maar as jy dink dis simpel, hoor hier... So twee weke terug was hier aksie in die dorp toe daar 'n ongeluk was. Soos gewoonlik het ons gedink die ouetehuis het die ambulanse gesummon maar nee... Dit was 'n regte egte ongeluk! Met 'n kar en al!!! Wanneer laas het ons dit gesien!!! Ok, dit was nou nie 'n mooi ongeluk nie want een van die tronkbewaarders is oorlede. Maar die manier hoe dit gebeur het. Ai, tipies. Die bewaarders het een middag op hulle lunchbreak besluit dat dit gaan fun wees om langs die pad te stop en te kuier onder die bome, saam met hierdie geliefde vriend.

Jip, die alombekende papsak... Jy sien, daar middag het Oom Papsak ander planne gehad. Die victim het toe besluit dit sal cool wees om in die middel van die pad te gaan lê vir 'n selfie. Haar pelle het gelag en gewaarsku daar kom 'n kar, maar die selfie wil net nie reg afneem nie man! Intussen het die ware victim (dis nou die ou agter die stuurwiel) briek getrap maar dit was te laat... En toe kry sy 'n briekmerk selfie... (Hehe - vat daai op soos jy wil). Die dorpie was uit sy fondamente geruk. Deure en vensters was toegeruk, kinders se oë was toegehou... Dis dan nie eers veilig om 'n selfie in die middel van die pad te neem nie!!! Kan jy dit oorvertel??? My innige simpatie met jou leë breindop...

Verlede week het een van ons dominees besluit dit sal wys wees om 'n bakkie wat afdraai te overtake. Nie links agter om nie. Sommer voor regs waar die bakkie moet draai. Needless to say, hulle het hom maar uit die sloot kom verwyder. 

Miskien is dit die hitte? Want hier raak dit so erg dat jy nie eintlik weet hoe om te funksioneer nie. Jy doen simpel goed man. Dit is ook nie snaaks om mense te sien in die pad of in die winkel met nat waslappe op hulle koppe nie. Hulle is bang hulle brein trick hulle om 'n pad selfie te neem!!!

Maar die hitte kan mens nog op 'n manier handle. Gaan bottelstoor toe en maak of jy nie weet watse bier om uit die koelkas te vat nie. Vat ekstra tyd om 'n tydskrif te soek onder die aircon. Pleeg selfmoord, doen net iets! Maar die ding wat saam met die hitte kom, kan ek nie handle nie. My arch nemisis. 

 
Vanrhynsdorpus muskietus... Ek het gisteraand hierdie pic van een geneem om vir julle te wys. Dis hoe ons muskiete lyk. Jy kan enige tyd, helder oor dag, in enige vertrek in my huis inloop, en 'n wolk van hierdie fokkertjies wag vir jou. As ons nou weer Kaap toe gaan sal ons maar nog so 5 of 6 Zap Em Deads moet aanstel want ons vlieg deur een in 'n maand se tyd. Nou die aand het ons die gedagte gekry om Doom Foils te kry. Daai groen slangetjie kak wat jy moet aansteek wat so lekker ruik. Ons besluit toe om een hele een in elke kamer te brand. En dan maak ons al die deure en vensters toe. Booya muskiete! Kry vir julle!!! Maar groot was ons terleurstelling. Al wat hulle doen is om teen die muur te gaan sit en te wag vir die ding om uit te brand. En in the meantime vrek ek en Peet van asma en pink eyes. Ek dink toe hulle gaan sit het het hulle net daai gasmaskers aangesit. Hierdie muskiete word mos gebore met daai goed. Dit word aan hulle geborg deur Vanrhynsdorp waterwese, waar cellutape alles regmaak. Ook trots geborg deur hulle is die Ebola in die water. Want as een van daai goed jou byt, swel dit erger op as 'n perdeby steek. Ek het een oggend my gat afgeskrik toe ek wakker word. Want toe lyk die een helfde van Peet se gesig soos 'n rugbybal. Van een muskiet byt. Soms weet nie of dit 'n muskiet byt is en of 'n sakspinnekop jou gebyt het nie. Dit lyk dieselfde! Hahaha good luck vir ons kuiergaste die naweek. Almal dink mos ons grap net. This shit is real.


As ons in die Kaap warm gekry het het ons al die deure en vensters oopgemaak. Ahhh, vars see briesie. Hier maak jy alles toe. Kyk bo op daai muskiet se rug. Hy is ge-equip met spy gear. Hulle sny gaatjies in die net en sifdraad. Dan roep hy sy buddies en almal sneak in. So hier moet jy letterlik die deure en vensters toe maak. Een geluk van 'n klei huis is dat hy darem baie koeler is as jou gewone huis. Maar die bliksems gebruik dit tot hulle voordeel om hulle engins koel te hou. Hmf.


Party aande word jy in die gang wakker en jy weet nie hoe jy daar gekom het nie. Ek weet nou hoe...

 
Kannie deal nie! Wat anders moet mens dan nou doen. Dis 'n bliksemse epidemie en ek kannie glo dat die World Health Organisation nog nie oorlog verklaar het nie. Hulle weet seker nie hoe om hier te kom nie....

Nou is die stadskind se pen droog... Tot more liewe maters!!!



 

Monday, 30 March 2015

Die Optimistiese Ek...

Wel wel wel, dis Maandag. Interessante naweek gehad? Jip, ons ook. Hier is mos never 'n dull moment. Snaaks, want elke dag by ons is eintlik dull. Maar Vrydag word ons behoorlik geseën omdat ons pelle kom kuier vir die naweek. Nou moet ek sê, dit was omtrent 'n kopkrapper vir my en Peet oor wat ons vir ons pelle gaan wys en waantoe ons hulle gaan vat, want regtig, hier is net mooi niks om te doen nie. Vrydag aand het ek 'n uitkak sessie gekry by my ma oor my blog. Diana was nie impressed nie. "Hoekom skryf jy nie 'n slag oor die mooi van die dorpie nie"? 

 "Maar ma, 'n blog is 'n publieke dagboek. Dis waar mens jou WARE gevoelens neerskryf vir ander om te lees. Hulle moet verstaan waar deur ons gaan elke dag". Ma:



 Ma was nie impressed nie... 

Ok, fair enough...


Um. Ok? MMMM... Dink hard... Sjoe... Hoekom is dit so moeilik vir pessimistiese ekke om iets mooi te sien... Diegene wat my ken, en goed ken, weet mos dat optimisme nie my sterkste punt is nie. Maar ter wille van Diana gaan ek nou my beste probeer... Ek sweer. Sonder negatiewe konnotasies...(Dankie tog vir Afrikaans spell checker...)

So 'n paar naweke terug het ons gehoor die ouetehuis hou bazaar. En baie mense weet dit seker nie van my nie maar ek is 'n sucker vir 'n lekker bazaar. Ek sien voor my poeding, oulike handwerk, mooi plantjies. Allerhande kak. Jy weet dis mos maar my tipe ding. So besluit ek en Peet om geldjies weg te bêre want dis atleast iets om hier te doen vir 'n slag. Daai Saterdag oggend staan ons nogal vroeg op (wel, met Heidi kan jy rerig nie laat slaap nie want elke oggend 5 uur kom gooi sy haar maer lyfie oor jou). Dollie ons op, in die kar, bazaar whoop whoop!!! Ok, redelik baie oumensies... Duh. Lekker boere musiek. Check. Koeldrank stalletjie... "Peet ekt nie vanoggend 'n grandpa gedrink nie...". "Cielie jy kan seker 1 uur sonder 'n fix gaan". Mmm, nie baie tafels nie. Nie soos ek bazaar ken nie, maar kom ons gee dit 'n try. Ek sien die lekkerste Cremora Tert... Ek sit my hande op die tert, keer die kwyl met my mou wat af drip... Ek steek my hand uit...



"Nee!!!" skree die ou tannietjie en slat my op die hand. "Dis nog nie 9 uur nie"!!! Maar tannie, almal om my koop al koek en muffins so dis mos al oop!? "Dis mense wat vroeg bestel het so sjoo"! 


Hey, almal koop al poeding so ek kan ook!!! Ek loop na die vriendelike tannie. "Tannie, kan ek 'n bakkie poeding kry asseblief"? "Het jy bestel"? Dum dum duuuuummmmm...

Kwaad gaan sit ek op die sypaadjie en steek 'n sigaret. Peet wil weet waar is die goods? Niemand wil iets aan my verkoop nie!!! So ek sal nou maar wag tot 9 uur. Toe 9 uur aanbreek is ek soos 'n fire rocket na die Cremora tert tafel toe. In my gedagtes sien ek hoe ek 'n lekker koppie tee wegslaan en heerlik weglê aan my stukkie hemel. "Skuus Tannie", "skuustog"... Ek druk tot voor. MAAR DIE TAFEL IS LEEG!!! "Oopsie, jy is bietjie laat jong". "Kom probeer maar weer volgende jaar".






Terleurgesteld loop ek na die tannie by die aartappel tafel. "Twee sakkies aartappels asseblief". "Hierso my kind, twee sakkies vir jou". "O ja, en Tannie kon nie help om te sien hoe lus was jy vir daai Cremora tertjie nie... Hierso". EN SY GEE VIR MY DIE CREMORA TERT!!!!!!!!!! Nou dit was 'n mooi oomblik.
Nee ek grap net. Daar was geen Cremora tert nie. Maar sy het vir my die sakkies aartappels teen R10 'n sakkie gegee... Ek moet darem ook bynoem dat ons 8 kg Skaap gekoop het vir R400 en dat al die proceeds na die ouetehuis toe gegaan het. Awwww....

Nog 'n ding wat ek seker moet sê mooi is is al die creatures wat ons al hier gewaar het. Vandat ons hier bly sit ons vir 50 50 ore aan. Nou die dag het ek casual by die deur uitgewals en 'n hottentotsgod gesien (preying mantis vir die wat nie verstaan nie) so groot soos my skoen! Gewoonlik tel ek hulle op en sit hulle op my kop tot ek 'n suitable spot kry, maar die een het my bietjie geintimideer. Amper soos die muskiete, maar nog nie so erg soos hulle nie. O ja, hier is ons kit:



Impressive nê? En guess what. Dit werk nie!!!

Apart van die skerpioene wat ek al hier gesien het (iets wat ek eindelik nog nooit gesien het nie) is hier natuurlik baie van ons spinneagtige vriende... My hel, my eerste encounter met die gevreesde haarskeerder was in Vredendal toe ek onder 'n boom stop om my KFC pops te geniet in die koelte. Toe val iets uit die boom op my been... En toe ek weer sien toe staan ek op die stoep en skree tussen die bergies met 'n R20 in my hand vir die siel wat braaf genoeg is om die ding uit my kar te verwyder!!! Na ons eerste week hier het ek mos 'n verwelkomingsgeskenk gekry van ons deurskynende vriendjie, die sakspinnekop. 'n Lieflike liefdesbytjie... Maar toemaar, na 'n bakkie vrag van antibiotika was ek weer piekfyn.

Dan is hier al die voël spesies. Langes en kortes... Nee ek grap net. Hier is iets moois van die dorpie! As jy op die stoep sit en tee drink onder die Hibiscus boom en die Suikerbekkies kom drink ook tee uit die blommetjie uit, practically op jou skouer! En dan natuurlik as ons geseën word met donderweer. Dis impressive. Die lug verander in iets wat ek nog nooit in die Kaap gesien het nie. Die Kaap se donderweer is peanuts teen hierdie. En ek moet ook noem dat dit nogal mooi is om in die aande met Heidi te gaan stap en jy encounter dit in die straat agter jou...



So ja, ok, ek erken. Hier is seker mooi in die dorp. Die feit dat elke tweede huis 'n windpomp of 'n kokerboom het. Maar die stadskind eindig af met die volgende: there's no place like home. Die Kaap sal ALTYD huis bly.

Oor en uit. Tot more. Lekker lees ma. Ek hoop dis beter. So vol happiness vandag dat ek dit sommer opbring!







Thursday, 26 March 2015

The Old and the Restless...

Nog 'n dag in Vanrhynsdorp. 




Ons 137ste dag in Vanrhynsdorp om presies te wees. En ons populasie is minder!!! Hoekom? Jy sien, hier is 'n SNAAKSE ding wat hier gebeur as 'n oumensie ons verlaat in die ouetehuis. Mens sou dink die skinderbekke is te blaam vir die nuus verspreiding. Maar nee. Dis die kerk klok. Wat ek jou nou vertel is 'n ware storie. En dit gebeur (seker maar ongelukkig) op 'n daaglikse base. Elke keer as iemand in die ouetehuis sterf dan word die hele dorp genotify deur die kerk klok. True Story! Creepy nê! Ok, die klok lui obviously nie die presiese oomblik wat dit gebeur nie maar heelwat later. En jy weet dis die rede want hulle lui hom op 'n sekere manier... Ellendeling, ellendeling, ellendeling... Toe my pa die eerste keer vir ons kom kuier het het hy net gelag en gesê dit kannie wees nie. Toevallig sit ons toe daardie middag op die stoep en hy is besig om sy pyp te rook, toe die kerk klok begin met sy famous ellendeling, ellendeling, ellendeling, gevolg met die Staat lykswa. PUT THAT IN YOUR PIPE AND SMOKE IT!!!


Maar die plek is nie creepy net oor die kerk klok nie... Hier is veel ander onheil wat hier skuil... Soos bogenoemde van Hings en The Prince of Darkness, is elke klein dorpie ge-equip met sy eie legendes en mites, sy eie Urban Legends. En om te verduidelik moet mens eers die geskiedenis van die simpel plek verstaan. 

Vanrhynsdorp sit in die hartjie van die Nama Karoo en was eers bekend as Troe-Troe, discovered in 1661 deur ons Europese vriende. In daai tyd het die San ook hier rondgehardloop soos mal hase. In 1751 het dit 'n volwaardige sendingpos geword. 'n Dude genaamd Hendrik van Rhijn het toe ook 'n potjie kom krap en nog sendingposte gebou in die omliggende areas. Hy het fame bereik toe hy die eerste Nederduitse Gereformeerde Kerk (NG, en gee en gee) hier gestig het en toe verander die naam na Vanrhynsdorp. Ta da!!! En hier het ek gedink dis waar die eerste van Rhijn tabak plantasie was...

Nou ja. Daar is nie 'n beter woord om dit te sê nie: dit spook dat dit kak! Ou dorp, ou geboue. Vir die van julle wat al hier verby gejaag het of gestop het om te piepie, aan jou linkerkant van die N7 bou hulle nou 'n MOERSE lodge, maar agter die lodge staan die original Roomse Kerk - dit was die sendingpos. Call me crazy maar ek dink daar gaan baie restless mense inboek by daai lodge, if you know what I mean...


Ons het self so 'n stelletjie afgetrap. En al het ek vir Peet al soveel keer verkeerd bewys, wil hy my nogsteeds nie glo nie. Die einste dag wat Dennis sy verskyning kom maak het, het Peet daai aand met Heidi gaan stap. Ek was maar hier in die kaya, besig om klere uit te pak in die kamer en dit was al heelwat verby skemer buite. En toe skielik hoor ek iets in die eetkamer. Nou moet julle weet, ons huis se uitleg is baie fucked up. Ek het dit gou vir julle geteken:


Sien jy nou watse kak het ek mee te doen! Dis weird dat daar 'n kamer uit die kombuis uit is maar apparantly het die ou mense dit so gebou in die ou dae omdat die vrouens al van vroeg doenig was in die kombuis. Arme oupa... So jy loop deur die sitkamer/eetkamer om by ons kamer te kom. Maar terug na die storie... Toe hoor ek 'n klingel geluid, soos 'n koppie wat in 'n piering neergesit word. En toe weer 'n lepeltjie wat val in koppie. Moerse tea party! Dis stoele wat skuif en mense wat gesels. Naturally toe ek om die draai loer was daar niks, maar in my kop was dit dit. 


LOL. Natuurlik toe Peet en Heidi by die huis kom wou hy my nie glo nie, al het ek daar op die vloer gesit, gevries en spierwit. Maar dis nie al nie.

Ek was een Vrydag oggend doenig hier by die huis. Ook 'n bewolkte mis dag soos vandag. (Fok hoop nie ek jinx myself nie). En terwyl ek nog so by die kombuis tafel sit, oudergewoonte, met sigaret en beker tee, begin Heidi grom by die kamerdeur van die kamer uit die kombuis. Haar hare het kiertsregop op haar rug gestaan. En sy knor en grom. En maak nie saak wat ek doen nie, sy wil nie beweeg nie! Eventually staan ek toe op, loer om die draai maar sien net die crap wat Peet daar gedump het. Ons gebruik dit as ons pakstoor want hoe moet my gaste elke dag my skottelgoed aanskou op 'n nugter maag??? Anyway. Ek raak toe windgat en hou my lyf Ghost Hunter en vra, "wie is hier?" Ek draai toe om en loop terug kombuis toe toe die stem sê: DIS MY HUIS. Ek het my bietjies bietjies bekak man! Lunch tyd het Peet daar gesit en koffie drink, en 25 oor 12 sy bewinding gemaak dat my verbeelding te groot is en dat ek hulp nodig het. Pffffttt. Maar dit was steeds nie die einde nie want toe strip die dames hierbo seker hulle moer vir Peet. Jy sien, ek het al nagevors en gelees oor spoke en spoke wil acknowledge word. Hulle wil ook special voel man. Shame. Ek was daai aand op die punt om in te sluimer toe ons die krapperige voetstappe hoor in die gang. Klink soos lang naels wat oor die houtvloer sleep. "Peet, het jy dit gehoor? Hier is iemand in die fokken huis!". Kak man, sê hy, dis die hond. Ek sit toe my bedlampie aan en steek 'n sigaret, net om te sien Heidi lê vas aan die slaap langs die bed...


Ek het destyds vir Marie gevra, aangesien sy by die museum werk, of dit spook. En sy het nie gelag of eens 'n ooglid beweeg nie en het dadelik gesê ja. Sy het my toe deur ou tronk selle gevat, wat nog staan soos in daardie dae en my vertel van haar roomys spook. HUH?





Blykbaar trek die spook gereeld die roomys yskas se plug uit die muur uit en dan sit sy met duisende rande se vrot stock. Sy vertel toe dat sy een dag so gatvol was dat sy kameras geinstalleer het om te sien of dit nie die werkers is nie. Maar tot haar verbasing het die footage duidelik gewys hoe die plug homself uit die muur trek. Sy, wat meer balls as Mrs.Balls het, het toe gaan sit in die vertrek en die spook mooi gevra om sy kak te stop. En die spook het geluister, want van daar af het dit nog nooit weer gebeur nie.

Daarna het ek eendag 'n meisie ontmoet wat in die hotel werk wat my vertel het van die keer toe sy 'n au pair was hier in die dorp (Regtig? Hier is mense jonger as 80?). Sy het vertel dat sy en die kiddies al in die bed was toe die nare ding begin deure oopgooi het en al die komberse van hulle afgeruk het. Hulle het eventually in die pad opgeeindig voor die huis tot ma en pa tuisgekom het (fok weet wat daai twee gaan doen het want hier is fokkol om te doen nie). Daarna het sy nooit weer au pair werk gedoen nie. 

Die dorp het ontsettend baie verlate geboue. My hel, 20 tree van my huis af staan die ou abandoned meisie koshuis. Drie verdieping gebou en al die vensters is uitgegooi. CREEPY shit. Elke keer as mens daar verby loop begin die hoendervleis so erg raak dat as Kentucky jou sien, is jy in die kak! Maar hoekom is dit so? Hoekom is hier so baie leë geboue en huise? En mense stel net nie belang om dit te koop en mooi te maak nie. As ek nou 'n Monopoly magnaat was het ek dit omskep in 'n ekstra ouetehuis want die ouetehuis is al plek wat 'n waglys het hier. My fok, sit sommer 'n afdak oor die hele dorp en dis die ouetehuis. Wala!!!

Nou ja, uit die stadskind se vingers, geniet jou naweek en mag dit 'n restless een wees... Hehehe

Wednesday, 25 March 2015

Mense en hul dinge...

Ek het twee mense hier by wie ek kan gaan huil as die verlange te erg word. Kom ons noem haar Anna van die apteek en Marie van die museum. Anna en Marie is ook stadskinders wie se mans heenkome op die platteland kom soek het. Met ander woorde, prisoners soos ons. Stranded. Anna het gesê as ek nie vir Tafelberg uit my kop kan kry nie moet ek maar op haar skouer kom huil, en Marie is ons "go-to-girl". Marie was die girl wat gesê het waar om te gaan en waar om te bly. Waar om nie te krap nie want dit juk nooit daar nie. En ek kan jou waarborg dat jy hier jou fair share kry van kreature... Kom ons begin sommer by ons vriendelike bure. Reg op ons agterstoep...




Die dag wat ons getrek het was dit al redelik piknag donker toe ons hier by ons kaya gearriveer het. En soos ons goedjies afgelaai was het die mense om ons begin nader sluip soos diewe. Halleluja! Hier gebeur iets in die dorp!!! Dit het gelyk soos 'n scene uit Walking Dead. Oral waar jy kyk is walkers. Maar as jy dink dis erg... Die volgende oggend was ons in die kombuis doenig om die bokse uit te pak. Toe ek omdraai staan Dennis agter my. Sit so 10kg by die prentjie hierbo en maak die ogies skreefies (nou nie China skreefies nie). Ek was op die punt om hom te vra "hoe de donner kom jy in my huis in" toe hy my sommer voorspring en sê "ek het sommer oor die muur gespring om te kom kyk wat maak julle". 

Muur? Het ons so iets? Daarna het Dennis begin uitpak. Ek wou weet of hy broers en susters het (want ek was teen die tyd bekommerd dat een dalk verskuil is in my shower of in my bed) waarop hy antwoord "ja tannie, een suster, maar sy is 15 en 'n hoer".


I kid you not!!! In die dae wat gevolg het het ons gereeld 'n klop aan die deur gekry. "Tannie my ma vra of ons 'n bulb kan leen" (WTF), "tannie, my ma vra vir 'n bietjie koeksoda". Maar toe trek ek die lyn toe sy ma vra vir 'n Grandpa. Nee hel, ek gaan nie more gelabel word as die dorp drugdealer nie!!! Maar toe begin dinge draai na die effense freaky kant toe hy my een Maandag inlig, terwyl ek die wasgoed ophang, van die volgende: Tannie, ek het tog gister lekker gekyk hoe slaap tannie in tannie se panty en my ma sê tannie het mooi panties. Daar het Peet dit heeltemal verloor en die klein bliksem gejaag! Nou weet ek waantoe al my prentjie panties verdwyn het. Ek moet sê dit is 'n kompliment en 'n klap in jou gesig op dieselfde tyd om te sien hoe jou panties wapper op iemand anders se wasgoedlyn...

Een middag het ek besluit om 'n piepie toets te gaan koop by Anna. "Ag hoe oulik" maan die tannie agter die toonbank. "Nuwe intrekkers en 'n nuwe intrekker oppad". Pffft. Haat jy nie net mense se optimisme oor iets waaroor jy totaal pessimisties is nie? Daarna stop ek sommer gou by die local kaffee vir 'n brood. Toe ek by die till kom wens die dame agter die toonbank my hartlik geluk toe. Geskok wou ek weet of ek iets gewen het? Nee mevrou, geluk met die baba!!! Ek het nog nie eers by die huis gekom om op die stokkie te piepie nie...

Almal weet dis waar. In 'n kleindorpie hardloop die skinderstories soos 'n veldbrand. Marie het ons mos gewaarsku in die begin. MOENIE BETROKKE RAAK NIE. WEES HARD. MENSE GAAN JOU MISBRUIK. Maar die apteek en die winkel is 15 tree van mekaar!!! Telkom was duidelik vinniger as ek!!! En terloops, die toets was 'n dud en na die 3rde een was dit negatief :)

Jy sien, in 'n klein dorpie het jy twee vyande. Die ou tannies en die kerk. In die plek se geval is dit die ou tannies, die kerk en die muskiete. (En terloops, ek het 'n versoek gekry om ons muskiet gear af te neem - ek sal dit op my volgende blog los). Die kerk is ook 'n storie vir more... 

Ek het een more gestaan en huis skoonmaak en toe word dit tyd vir 'n smoke break. Ek sit lekker agteroor by die tafel, sigaretjie in die hand en Oros in die ander hand, toe ek hoor "fffffeeeeewwwwwww". Die hond roer 'n wenkbrou voordeur se kant toe... Ek kruip stadig gang af maar nou blok die donnerse sif deur ook my view. Nee, sukkel gou om sitkamer venster toe. "Ffffeeeeeeewwwww' hoor ek weer. Ek loer skelmpies uit by die venster. Hier sit 'n ou tannie op my stoep!!! Shit, 911? Dominee? Wie moet ek bel??? "Kan ek help tannie"? DIe ou plooi gesig kyk my stip. "Ag ek was oppad van die biblioteek af en toe lyk jou stoep vir my heerlik koel en toe is ek sommer moeg geloop". Effens deurmekaar vra ek of ek vir haar bietjie water kan bring? Sy antwoord toe "maak sommer tee jong, en nie in 'n koppie nie, in 'n beker, en dan kan jy my sommer by die huis gaan aflaai". Ek was stomgeslaan.

Tot more... uit die stadskind se pen. Of vingers...