Monday, 30 March 2015

Die Optimistiese Ek...

Wel wel wel, dis Maandag. Interessante naweek gehad? Jip, ons ook. Hier is mos never 'n dull moment. Snaaks, want elke dag by ons is eintlik dull. Maar Vrydag word ons behoorlik geseën omdat ons pelle kom kuier vir die naweek. Nou moet ek sê, dit was omtrent 'n kopkrapper vir my en Peet oor wat ons vir ons pelle gaan wys en waantoe ons hulle gaan vat, want regtig, hier is net mooi niks om te doen nie. Vrydag aand het ek 'n uitkak sessie gekry by my ma oor my blog. Diana was nie impressed nie. "Hoekom skryf jy nie 'n slag oor die mooi van die dorpie nie"? 

 "Maar ma, 'n blog is 'n publieke dagboek. Dis waar mens jou WARE gevoelens neerskryf vir ander om te lees. Hulle moet verstaan waar deur ons gaan elke dag". Ma:



 Ma was nie impressed nie... 

Ok, fair enough...


Um. Ok? MMMM... Dink hard... Sjoe... Hoekom is dit so moeilik vir pessimistiese ekke om iets mooi te sien... Diegene wat my ken, en goed ken, weet mos dat optimisme nie my sterkste punt is nie. Maar ter wille van Diana gaan ek nou my beste probeer... Ek sweer. Sonder negatiewe konnotasies...(Dankie tog vir Afrikaans spell checker...)

So 'n paar naweke terug het ons gehoor die ouetehuis hou bazaar. En baie mense weet dit seker nie van my nie maar ek is 'n sucker vir 'n lekker bazaar. Ek sien voor my poeding, oulike handwerk, mooi plantjies. Allerhande kak. Jy weet dis mos maar my tipe ding. So besluit ek en Peet om geldjies weg te bêre want dis atleast iets om hier te doen vir 'n slag. Daai Saterdag oggend staan ons nogal vroeg op (wel, met Heidi kan jy rerig nie laat slaap nie want elke oggend 5 uur kom gooi sy haar maer lyfie oor jou). Dollie ons op, in die kar, bazaar whoop whoop!!! Ok, redelik baie oumensies... Duh. Lekker boere musiek. Check. Koeldrank stalletjie... "Peet ekt nie vanoggend 'n grandpa gedrink nie...". "Cielie jy kan seker 1 uur sonder 'n fix gaan". Mmm, nie baie tafels nie. Nie soos ek bazaar ken nie, maar kom ons gee dit 'n try. Ek sien die lekkerste Cremora Tert... Ek sit my hande op die tert, keer die kwyl met my mou wat af drip... Ek steek my hand uit...



"Nee!!!" skree die ou tannietjie en slat my op die hand. "Dis nog nie 9 uur nie"!!! Maar tannie, almal om my koop al koek en muffins so dis mos al oop!? "Dis mense wat vroeg bestel het so sjoo"! 


Hey, almal koop al poeding so ek kan ook!!! Ek loop na die vriendelike tannie. "Tannie, kan ek 'n bakkie poeding kry asseblief"? "Het jy bestel"? Dum dum duuuuummmmm...

Kwaad gaan sit ek op die sypaadjie en steek 'n sigaret. Peet wil weet waar is die goods? Niemand wil iets aan my verkoop nie!!! So ek sal nou maar wag tot 9 uur. Toe 9 uur aanbreek is ek soos 'n fire rocket na die Cremora tert tafel toe. In my gedagtes sien ek hoe ek 'n lekker koppie tee wegslaan en heerlik weglê aan my stukkie hemel. "Skuus Tannie", "skuustog"... Ek druk tot voor. MAAR DIE TAFEL IS LEEG!!! "Oopsie, jy is bietjie laat jong". "Kom probeer maar weer volgende jaar".






Terleurgesteld loop ek na die tannie by die aartappel tafel. "Twee sakkies aartappels asseblief". "Hierso my kind, twee sakkies vir jou". "O ja, en Tannie kon nie help om te sien hoe lus was jy vir daai Cremora tertjie nie... Hierso". EN SY GEE VIR MY DIE CREMORA TERT!!!!!!!!!! Nou dit was 'n mooi oomblik.
Nee ek grap net. Daar was geen Cremora tert nie. Maar sy het vir my die sakkies aartappels teen R10 'n sakkie gegee... Ek moet darem ook bynoem dat ons 8 kg Skaap gekoop het vir R400 en dat al die proceeds na die ouetehuis toe gegaan het. Awwww....

Nog 'n ding wat ek seker moet sê mooi is is al die creatures wat ons al hier gewaar het. Vandat ons hier bly sit ons vir 50 50 ore aan. Nou die dag het ek casual by die deur uitgewals en 'n hottentotsgod gesien (preying mantis vir die wat nie verstaan nie) so groot soos my skoen! Gewoonlik tel ek hulle op en sit hulle op my kop tot ek 'n suitable spot kry, maar die een het my bietjie geintimideer. Amper soos die muskiete, maar nog nie so erg soos hulle nie. O ja, hier is ons kit:



Impressive nê? En guess what. Dit werk nie!!!

Apart van die skerpioene wat ek al hier gesien het (iets wat ek eindelik nog nooit gesien het nie) is hier natuurlik baie van ons spinneagtige vriende... My hel, my eerste encounter met die gevreesde haarskeerder was in Vredendal toe ek onder 'n boom stop om my KFC pops te geniet in die koelte. Toe val iets uit die boom op my been... En toe ek weer sien toe staan ek op die stoep en skree tussen die bergies met 'n R20 in my hand vir die siel wat braaf genoeg is om die ding uit my kar te verwyder!!! Na ons eerste week hier het ek mos 'n verwelkomingsgeskenk gekry van ons deurskynende vriendjie, die sakspinnekop. 'n Lieflike liefdesbytjie... Maar toemaar, na 'n bakkie vrag van antibiotika was ek weer piekfyn.

Dan is hier al die voël spesies. Langes en kortes... Nee ek grap net. Hier is iets moois van die dorpie! As jy op die stoep sit en tee drink onder die Hibiscus boom en die Suikerbekkies kom drink ook tee uit die blommetjie uit, practically op jou skouer! En dan natuurlik as ons geseën word met donderweer. Dis impressive. Die lug verander in iets wat ek nog nooit in die Kaap gesien het nie. Die Kaap se donderweer is peanuts teen hierdie. En ek moet ook noem dat dit nogal mooi is om in die aande met Heidi te gaan stap en jy encounter dit in die straat agter jou...



So ja, ok, ek erken. Hier is seker mooi in die dorp. Die feit dat elke tweede huis 'n windpomp of 'n kokerboom het. Maar die stadskind eindig af met die volgende: there's no place like home. Die Kaap sal ALTYD huis bly.

Oor en uit. Tot more. Lekker lees ma. Ek hoop dis beter. So vol happiness vandag dat ek dit sommer opbring!







No comments:

Post a Comment